Pedokrasie of Tsotsie-Tsoenamie?

putco-probleme

Staal jouself teen die wraak van die ongefoeterdes!!!

Dalk is daar veral twee maniere van kinders grootmaak. Die een manier het nog altyd bekend gestaan as die sielkundige manier, en dit behels veral die volgende wanneer ’n kind ’n tantrum gooi (ek hou nie so baie van die “vloerm…” poging vir hierdie uitdrukking nie):

1. Die oomblik as die kind sy wil wil afkerm by sy radelose en oorblufte ouers, en hy so uit die hoek van sy linkeroog vanaf sy rukkende rug op die vloer skuinslangs na hulle loer, dan draai hulle eenvoudig hulle rue op die kinderkranslike-oproermaker in ’n doelbewuste poging om die klein-dierbare-krimineel te laat verstaan dat daardie luislang-wriemels en maer vark-decibels ’n onbeskaafde, en meer belangrik, onverstaanbare dialek is wat hulle self nie praat of enigsins verstaan nie. Deur volgehoue deursettingsvermoë deur elke keer hierdie ignorering-strategie uit te voer wanneer oupa en ouma se kleinseun in jou huis daardie rooi knoppie van hom druk en dan met venynige-verlange wag vir die gewensde ouerlike-kompensasie, kan die donker-dier in die vriendelike seuntjie oor tyd dalk getem word. So sê sommige sielkundiges, blykbaar. ’n Kernwoordjie, twee sinne terug, is die woordjie “dalk”.

2. Die liefdevolle manier egter, kan soos volg beskryf word. U onthou: “Hy wat die roede terughou haat sy seun.” Hierdie ouers verwerp kinderhaat met hulle hele wesens, en gaan dikwels – ook in die geval van tantrums dan oor tot praktiese liefde. Bedoelende, meer as woorde, woerde, roede. Dis veral Pa’s wiese liefdestaal – soos hulle sê, teenoor hulle halstarrige kinders kleurryk blom in sulke situasies. Met ’n stewige plathand of ‘n belt, of gordel soos sommige sê. Waar gebeur dit? In die Pick and Pay; CheckersHyper; Shoprite; Makro; of selfs Woolworths – ja, welaf mense se kinders het ook liefde nodig. Hierdie liefdevolle ouers steur hulle nie aan daardie Engelse liberalis (nie lelik bedoel nie) wat jare gelede nog gesê het dat die wet ouers toelaat om hulle kinders by die huis lief te hê, maar geensins in openbare ruimtes nie. Nee, hierdie sagmoedige ouers weet dat hulle volgens belofte, die aarde sal beërwe en tree daarom ook skaamteloos op die aarde op, soos erfgename van die aarde.

Ek twyfel ,0021% dat die huidige universitêre tantrumerende pedokrate van hierdie tsotsie-tsoenamie wat ons tans beleef, onwille-wetense proefkonyne van ’n befonkfaaide sielkundige grootmaak strategie was. Paps en Maps het maar net weer en weer op hulle knieë voor boetie gekniel en met trane gesmeek vir nog ’n tweede kans om sy begeertes te mag troos …

Vraag: Wat is hier die punt van hierdie woorde?

Antwoord: Moenie kritiseer in ons land wat jy self binne die grense van jou eie huis se mure laat gedy nie.

Aan al die pa’s van ons wagtende land: Wanneer jy warm raak onder die kraag vir enige poging tot pedokrasie in jou opstal, is dit tyd om helder en duidelik te begin liefhê.

Die Here seën elke ouer wat glo in God drie-enig in hierdie groot en heilige taak.

(Pedokrasie: Wanneer kinders regeer).

 


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s