Wanneer ’n vrou ’n babatjie vang by sy geboorte, dan noem hulle haar gewoonlik ’n vroedvrou. Maar wat noem ’n mens ’n pa wat sy eie seun vang?

yoshua

                                          [Oorspronklik geplaas op Facebook op 17 Mei 2016]

Op die dag voordat my seun – klein Yoshua’tjie, drie maande oud word – 18 Mei (Woensdag), vertel ek graag hoe ek op daardie dag ’n vroed-VADER geword het.

Die kort weergawe klink so: Die vroedvrou was laat en toe moes ek die kleintjie vang.

Die langer weergawe begin omtrent so 14 minute oor 3, daardie oggend toe Shakinah my oortuig het, of ek bedoel, laat weet het dat dit nou tyd is om die huis met ons vier slapende dogters in, te verlaat en na die private plek wat ons vroeër gereël het, te vertrek. Rustig en salig deur die donker strate van Durban, met amper nie ’n ander voertuig in sig nie. Net van die groot vragmotors as ek reg onthou. Daar aangekom het die dame wat ons ontvang het ons vriendelik ingenooi, en seker gemaak dat ons, maar veral Shakinah, rustig en gemaklik is.
Ek onthou nog hoe ek in die ure wat voorgelê het vir Cheryl – die vroedvrou, gebel het om die tussenposes tussen kontraksies aan haar deur te gee. Na een so oproep het sy my aangeraai om Shakinah nog te laat rus voor die groot oomblik wat nog eers later hom sou voordoen.
Na nog een van daardie oproepe aan haar laat sy my toe weet:

“Listen, I’m on my way. I should be there in 20 mintues.”

Alles het in orde en agtermekaar geklink. Ook na die tyd toe sy uiteindelik daar aankom by die parkeer-area was sy 100% van die oortuiging dat sy die kleintjie die eerste maal in ons suurstofgevulde wêreld sou verwelkom. Hoe sê mens in Afrikaans: “meanwhile back at the ranch”? Mens sê seker hier “min het Frikkie geweet wat na daardie tweede oproep sy intense aandag sou arresteer”.

Drie sake:

1. Op daardie oomblik het ek besef dat die vroedvrou te laat gaan wees. As ek hier bietjie sagter op die vroedvrou moet wees, kan ek ook sê dat ek besef het dat klein Yoshua’tjie vinniger as sy gaan wees.

2. As ek uit die kamer sou hardloop opsoek na die onaangekome vroedvrou, kon ek dalk in die proses verantwoordelik gehou word vir alles waarmee ek nie gehelp het in die kamer nie – soos byvoorbeeld om die baba te vang.

3. Punt drie is die mees intense een. Indien ek in die kamer sou agterbly sou ek die vreemde en heel angswekkende wêreld moes betree van ’n rol wat ek nog nooit vervul het of voor opgelei is nie, en waarvoor daar nog boonop in die Afrikaanse taal nie eens ’n woord voor bestaan nie. (Professionele, manlike, babavangende dokters hier uitgesluit natuurlik.)

Ek het ’n skietgebed opgestuur:
“Here Jesus help my!”, en met my linker- en met my regterhand my enigste seun (Yoshua) – een sekonde oud, vir die eerste keer self aan die skouertjies gevat, en toe vasgehou. Dit was vinnig.

Vir my absoluut-fenomenale en uiters brawe vrou het ek spontaan later in Zoeloe die woorde toegeroep (Julle weet mos Zoeloe is ’n pragtige taal):

Weeeeee! Qhawekazi, lamaqhawekazi!
Ahaaaa! Heldin der heldinne!

Sy was absoluut fantasies.

So.

In kort.

Dis hoe ek ’n vroedvader geword het.

Vriendelike groete.

(Veelsgeluk liewe Yoshua, omdat jy vermaand…)

 


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s