Gebed

Vader, ek erken dat alle mense in Adam gesondig het, en hulle aan die vloek van die ewige dood skuldig gemaak het, soos wat U Woord leer. Ek erken ook Here dat U daarom niemand sou veronreg het as dit U wil was om die hele mensdom in die sonde en in die vervloeking te laat bly, en vanweë die sonde te veroordeel nie. Soos wat U Heilige Gees ook leer deur die apostel Paulus, dat die hele wêreld voor U o God doemwaardig is.  Ja, want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan U heerlikheid o God. Ja die loon van die sonde is die dood.  Maar Here ek loof en dank U, dat U liefde hierin geopenbaar is, dat U U eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Alle lof en eer aan U Naam, Vader, Seun en Heilige Gees, een God. Amen.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s