Jou inherente wat??

4325-701188In 2017 bevind ons onsself in ‘n wêreld waarin die “inherente waardigheid” van die mens as ‘n gegewe aanvaar word. Dit is soos om aan die linkerkant van die pad te ry in Suid-Afrika. Lanklaas ‘n debat daaroor gehoor. Inteendeel, indien jy nie aan daardie kant van ons samelewing se pad bestuur nie, kan jy nogal vinnig jou rieme styfloop. Heel gereeld hoor ons in die nuus van iemand wat ‘n hofsaak aanhangig gemaak het omdat iemand sy “waardigheid” of “menswaardigheid” aangetas het. In sommige gevalle word selfs der duisende rande uitbetaal net om die innerlike stormpie in die verontregte tot bedaring te laat kom – jy weet daardie soort wat soms in teekoppies losbars.

Die punt bly, hierdie manier van dink het enige sweempie van sondaar wees, in die harte en gedagtes van miljoene lankal al laat verdamp.  Kom die kerk en verkondig uit die heilige Woord van God dat dit of dat nie net ‘n sonde is nie, maar dat jy wat graag so will leef ‘n sondaar is! Dan breek sewe vulkane op die gelegitimeerde hand-opheffende-aan-die-einde-van-die-diens, uit. Want: “Hoe durf jy hom ‘n sondaar noem!” of “Hoe durf jy haar dit noem!” Wat oor die algemeen verswyg word is dat beswaardes wetens-of-onwetens diep gedrink het uit die bottel wat die rondte gedoen het in die katkisasie klas met die plakker bo die deur: ANTROPOLOGIE VAN DIE VERLIGTING.

So wat’s die plan? Is daar ‘n strategie?

Nie rêrig nie. Net die ou-ou-tyding.

Romeine: Sonde; Redding; Dankbaarheid.

Wie nie wil hoor hoe sleg hy is nie, gaan ook nie hoor hoe goed God is nie. Want dit is deur die sondebesef wat deur die Heilige Gees gewerk word, dat daar vir die uit-asemde sondaar niks-maar-niks mooier as die kruis van die Here Jesus Christus is nie.

“En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.”


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s