OM TE TWYFEL HET NIKS MAAR NIKS MET NEDERIGHEID TE MAKE NIE

golwe

[“…hy…is soos ‘n golf van die see…” – Jakobus 1 vers 6]

’n Paar jaar gelede toe ek met ’n ou universiteitsvriend van my – wat later professor geword het, gesels het oor die tyd waarin ons onsself bevind en dit toe “postmodern” noem, het hy my vinnig gekorrigeer. Ek kan nie mooi onthou watse nuwe term hy gebruik het nie, maar ek onthou wel dat hy iets soos “post-postmodern” gesê het.

Die wat meer filosofies ingestel is sal vir jou ’n uitleg van pre-modern; modern; en postmodern soos domino blokkies op ’n tafel uitpak. Mens dink hier byvoorbeeld aan daardie bose boek van Ben Du Toit “God? Geloof in ’n postmoderne tyd” wat so ’n uitleg aan dinge gegee het.

Ander mense sal ons tyd veral tipeer in terme van die opkoms van die nie-verstandelike godsdiens belewenis waar die klem op die ervaring, emosies en onmiddellike gevoel geplaas word. Hier speel die intuïtiewe ’n ontsettende belangrike rol. Ek bedoel dinge soos: “Ek ervaar in my gees dat…”  of iets soos “Ek voel ek moet vir jou sê dat…” om dan iets hier uit die bloute uit te hoor wat jou van ’n heel vreemd-agterbakse hoek af tref. Mens sou ook kon sê dat dit ’n beweging weg van die teks na die eie hart en die ingesteldheid van die mens is. Nie soos die ou kansel kleed met die woorde “SO SPREEK DIE HERE HERE” nie, maar meer op die vlak van: “Hoor bietjie hieso…”  Asof gesag, iewers heen verdwyn het.

In ’n christelike wêreld waar daar wegbeweeg word van die in-Hebreeus-en-Aramees-en-Grieks-geskryfde Woorde van God, is al wat oorbly sienings, indrukke, lewens lessies, en grys storie-gevulde verhaaltjies. Die tyd van twyfel het aangebreek. Want elke twyfelende professor se reisverhaal verskil van sy kollega s’n.

“So, watter een is jou gunsteling professor?”

“Nee, nie hy nie. Daardie ene. Ja, hy…”

“En jy?”

“Jaa, dis maar vir my moeilik om te kies maar die prof by wie ons nou net was, wat’s sy naam?”

“Um, wat ookal..”

“Ja, hy … Hy’s so anders as ons Dominee op die dorp waar ek vandaan kom. Hei, my maat vir ons dominee is reg reg, en verkeerd verkeerd. Ek sê jou! Maar hierdie prof. is so … ek dink nederig … Hy dwing nie sy siening op jou af nie. Wat het jy gedink van sy siening dat alle gelowe soos ’n berg is wat van verskillende kante af klim na bo?”

VRAAG: Is onsekerheid oor wat God in sy Woord sê – want dit is gewoon die ingesteldheid in menige teologiese fakulteite vandag, gelyk aan nederigheid, of nie?

Die tyd waarin ons leef wil ons laat verstaan dat die twyfelende die nederige een is.

“Hy kom dan soveel sagter as PW Botha in die tagtiger jare op die TV oor na ’n mens.”

Wees gewaarsku.

Die een wat ons as mense wil laat twyfel aan die heilige Woord van God is hy wat vroeg-vroeg al in die tuin met Eva begin debatteer het.

Kolossense 3 vers 23 “…wat, alhoewel dit ’n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.”

Psalm 119 vers 113 “Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief”


One thought on “OM TE TWYFEL HET NIKS MAAR NIKS MET NEDERIGHEID TE MAKE NIE

  1. Jy praat waar.

    Deesdae wil baie mense soms té “polities korrek” wees en alles (hier bedoel ek verskillende gelowe) aanvaar, want hulle wil niemand aanstoot gee nie. Sulkes kan vreeslik gaaf, sagmoedig en nederig oorkom, maar dis soos jy sê, hulle verberg daardeur eintlik dalk hulle eie onsekerheid en twyfel. ‘n Ander moontlikheid is dalk dat hulle hierdie benadering tot godsdiens gebruik as ‘n verskoning om nie Jesus se opdrag (om dissipels te maak) uit te voer nie.

    Bogenoemde benadering is egter onaanvaarbaar vir die ware kinders van God, want ons moet vasstaan in geloof en aanhou om die waarheid te verkondig en bekend te maak, sodat mense sal weet dat nét Jesus die Weg, die Waarheid en die Lewe is!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s