MARTIN LUTHER VAN BLOEMFONTEIN

swaard

[“…Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard…” – Hebreërs 4 ver 12a]

Ek is geneig om te dink dat die katkisasie boeke waarmee ek groot geword het amper meer van Martin Luther gemaak het as van Johannes Calvyn. En as mens die twee se lewens vergelyk is dit in der daad so dat daar heelwat grepe in Luther se lewe afgespeel het wat nogal heerliker storie- en filmmateriaal kon uitmaak as Calvyn s’n (nie waar nie?).

Maar een ding staan deur die eeue nog vas soos ’n rots bo water – hoogwater, laagwater, spring-gety en andersins, en dit is dat dit vir ons as gekraakte mense makliker is om helde in ons gedagtes in te kleur, met goue en glansende kleure, as om self ’n pen in die grond te slaan en te sê: “Tot hiertoe en nie verder nie! So help my God, maar op hierdie saak gaan julle my nie skuif nie!” Nee, dis makliker om helde in tydgleuwe in ons eeue oue droom-rakke blink te vryf, soos daai ou plastiek groen soldaatjies waarmee ons gespeel het toe ons nog 5 en 6 was, as om my christelike nek op daardie blok in die konsistorie of in die sinodesaal nederig te gaan neerlê om maar gelem te word deur die skerp lem van die swewende tydsgees. (Nie waar nie?)

Sjame, mens het soveel simpatie met Gideon as die Here vir hom sê om alleen af te gaan na die kamp van die Midianiete, maar as hy bang is dat hy sy dienskneg moet saam neem. Dan lees ons: “Hy gaan toe af met sy dienaar Pura…”

Merkwaardig dat in die jaar waarop ons een van ons “…voorgangers wat die woord van God…” [Hebreërs 13 vers 7] aan ons verkondig het se onverskrokkenheid voor die Agbare Tiran van sy wêreld herdenk, dat die strop van Woord-verwurging 500 jaar na hom, weer besig is om nouer en nouer om geroepenes se sagte kele toe te trek. Is dit nie?!

Hei!!! Hou op om ’n slapgat te wees soos die bewendes langs jou, wiese rukkende asems jy kan ruik. Was wat jy nou doen jou besluit, of is dit HY wat jou geroep het, huh? O, HY het jou geroep? Staan dan op, Bybel in jou regterhand, jou linkerhand in syne, en kyk hulle reguit in die oë en sê: “Nee broers, nie my interpretasie nie! Dit is wat GOD SELF sê. Want God se wet staan vas, en sy Evangelie kan nie verander nie.”

Amen.

“Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” II Timotheus 1 vers 7


One thought on “MARTIN LUTHER VAN BLOEMFONTEIN

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s