AS JY ’N BEDIENDE HET, Sê DIT VIR HAAR REGUIT

lema[‘n Pedi parlementslid by sy wit Europese (dooie) mentor se standbeeld]

Ek weet nie van jou nie, maar ek is heel dikwels diep teleurgesteld wanneer ek luister na wat mense sê as hulle die toenemende verval en aftakeling van die netjiese-en-glimlag-gevulde-beskawing rondom ons diagnoseer. Ek bedoel dit vat net my 13 jarige dogter om oorweldigend te besef dat daar groot fout in ons Suid-Afrikaanse samelewing is. Maar wat die rede vir hierdie voortvretende kanker is, is waar die kinkel die kabel gewoonlik tref.

’n Ontstoke Jood by die SPAR nou die dag:

“You know it’s the way they bring up their children! The Englishman would buy his boy a set of Mattel, and the  boy would ask questions and try to figure out how the thing works! But…”

Engelse mense is dikwels geneig tot die volgende – ek het dit ook so laasjaar by dieselfde plek by die koerant-rakkie hoor sê:

“You know! If only they’d appoint an educated person in that position we’d have so much less problems. Education is the only key…”

Onder sommige Afrikaners sal jy die ou vervelige holrug geryde mantra’s van “FW die volksverraaier”; “Volksvreemde bedreigings” ensovoorts hoor.

Aan die Sotho en Zoeloe kant moet mens nie dink dat die ontnugtering enigsins oppervlakkiger is as aan die Afrikaanse en (etniese!) Engelse kant nie. Die frustrasie en ongeduld word koerant na koerant in die Zoeloe-taal – waar ek woon, bespreek. Ook aan daardie kant – myns insiens, word die pot netjies misgesit.

Onthou, ons praat oor die land.

Maar op hierdie punt wil ek nie eens begin om te praat oor hierdie of daardie politieke party nie. Want die toekoms van Suid-Afrika – dit moet ons glo, gaan nie deur ‘n politieke party nie, maar deur God bepaal word.

Ek sal graag later by die rol van die kerk – wat die ander kant van die muntstuk is wil uitkom, maar wat die strukturering en regering van ons land betref is die antwoord heel eenvoudig:

Suid-Afrika word nie geregeer volgens die beginsels van God se Woord nie.

“O die ekonomie!”

“O en wat van die armes!”

“Regstellende aksie!”

Ek val amper elke keer op my rug as iemand van gereformeerde belydenis sê dat ons land eintlik een van die beste grondwette in die wêreld het. Dan vra ek myself: “Hoe kan ‘n mens dit sê van ‘n grondwet wat die sogenaamde “regte” van die mens vooropstel, en God se Woord en beginsels willens-en-wetens  eenkant toe skuif en ignoreer?”

Die groeiende Marxisme in ons land het ook ‘n antwoord op ons suidpunt bestaan se ingewikkeldhede. Dit klink so as dit ‘n gebed was (o hierdie Marxisme is báie godsdienstig): “Onse Vader wat weet ons is hier op die aarde, gee ons vandag ons daaglikse brood…” Die godsdiens, ja alles word ingespan om die mens se ekonomiese probleme en behoeftes voorop te stel. Nie  die eer van God nie. Nie sy wil en sy koninkryk nie. Dis hartseer dat soveel wat nie self Marxiste in Suid-Afrika is nie, se bekommernisse maar baie soos die ou kommuniste s’n is: Wat sal ons eet? Wat sal ons drink? Wat sal ons aantrek? Het Jesus dan nie op ‘n keer hieroor gepraat nie? “Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” [Mattheus 6 verse 31 tot 33]

Die Marxisme se uitgangspunt sou mens kon verwoord as: Soek eers al hierdie dinge – die basiese menslike ekonomiese behoeftes, en die paradys sal op die aarde neerdaal. Die christen sê: “Nee, ons land is juis in hierdie toestand omdat ons al hierdie ander dinge nagejaag het, en stil-stil die koninkryk van God en sy geregtigheid begin afgesterf het.”

Asseblief, sê dit reguit vir jou bediende as jy een het. Moenie politieke partye by jou gesprek insleep nie. Vertel haar van die honderde duisende ge-aborteerde babatjies in Mary Stopes klinieke en ander slaghuise van ons bose land. Vertel haar dat ons land die enigste een in die hele Afrika is wat ‘n man met ‘n man laat trou. Vertel haar van die wettige pornografie, en die beskerming van die “regte” van moordenaars en pedofiele en verkragters om nie aan hulle nekke te hang nie. Vertel haar dat stoute kinders nie gefoeter mag word nie, en dat hulle hulle ouers by die polisie kan gaan aangee – dit gebeur reeds in baie dele van ons land. Vertel haar die waarheid, en roep haar dan op om te glo wat Jesus sê. Ons soek lankal nie meer in hierdie land na die koninkryk van God en sy geregtigheid nie.  Dalk sing ons nog steeds (sommige gereformeerdes nie…):

“Nkosi sikelel’ iAfrika…”

Maar ons dade vra eintlik “Nkosi qalekis’ iAfrika…” – Here vervloek Afrika.

Here, gee ons genade.

Tyd om die sluimerende kerk in Suid-Afrika wakker te maak.

“Kodwa funani kuqala umbuso kaNkulunkulu nokulunga kwakhe, khona konke lokhu kuyakwenezelwa nina.” NgokukaMatthewu 6:33 [isiZulu]

“Jalo he, batlang pele puso ya Modimo le tshiamo ya ona, mme tsotlhe tseo lo tla di okelediwa.” Matheo 6:33 [seTswana]


2 thoughts on “AS JY ’N BEDIENDE HET, Sê DIT VIR HAAR REGUIT

  1. Frikkie, hierdie stuk is baie treffend. Ek het dit voorgelees by ons multi-kulturele, multi-talige gebedsgroepie by die werk (Idah Cele moes die Zoeloe dele lees). Ons het toe sommer hieroor gebid ook, wanr wat jy hier praat is die waarheid sonder om vir enige iemand ‘n sluier op te sit!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s