…TWEE OF DRIE HELLE, WAT SOU JY Sê?

swart-mamba

Toe ek nog op Hoërskool was en by tye van my ouers verskil het, of dalk ’n spesifieke siening of emosie van hulle wou wegsteek was dit dikwels my ma wat die volgende uitdrukking sou gebruik: “Man, ek ken jou beter as wat jy jouself ken. Ek ken jou asof ek jou van teeblare aanmekaar gesit het.” Daar’s seker nog mense met sulke ma’s.

Maar daar is verseker mense in Suid-Afrika wat hulleself lankal al oortuig het dat ons land nie van drink-bossies nie, maar wel van rassisme aan mekaar gesit is. Dalk is dit juis een van die groot redes waarom Engels so wen hier onder in Afrika, omdat mense voel dat die elf amptelike landstale hulle dalk net weer in ou krale van die verlede sal injaag.

Die eerste mense wat begin tegnies raak as mens oor rassisme praat, is dies wat lankal hulle haat vir ander wat nie soos hulle lyk nie, in hulle eie harte geregverdig het, en dan mooi soos ’n hiper-akkurate wiskunde som, syfer-vir-syfer, puntjie-vir-puntjie, aan jou verduidelik:

“Ja maar wat is ’n rassis nou eintlik?”  Vra hy.

“Laat ek jou nou vertel, die eintlike definisie van ’n rassis is…” Ensovoorts, ensovrots.

Ek dink ons is redelik bekend daarmee.

Tussen hakkies, daar is ook sekere uitdrukkings in Zoeloe, wat ekself as christen Afrikaner nie van hou as ek dit hoor nie, en sommige wat (ek het dit getoets by een van my Zoeloe kollegas) ook gewoon rassisties is. (As jy registreer op my blog sal ek dit dalk vir jou deurstuur – grappie).

As ’n persoon wat met my linkervoet in Pretoria staan, en met my regter een in Soweto, het ek al haat van links na regs, en ook van regs na links gesien in my lewe. (Mooi oplet).

Die vraag is: Is daar ’n serum om die gif van hierdie mamba van rassehaat en rasse-hoogmoed uit te kanselleer? ’n Geneesmiddel wat ons land se gemeenskappe en volkere kan genees?

Antwoord: Ja.

  1. Om te onthou: Dit is slegs die Heilige Gees wat hierdie verandering in ’n sondaar se hart kan bewerkstellig.
  2. Luister nou mooi: Jy en daardie ander ongelowige man wat jy haat is op pad na presies dieselfde hel toe. GEEN voortrekkery hier nie. “Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees.” Romeine 3 vers 19
  3. Hy wat besef dat sy saak nie met sy deur-hom-gehate-buurman is nie, maar met ’n heilige God wat hardnekkige sondaars fyn maal onder sy hand van oordeel, vergeet vinnig van die respek wat sy naaste hom skuld en knak dan die knieg voor God almagtig. Ek wil jou ook roep – buig jou nek en verkrimp jou hart in absolute nederige sondaar-erkenning, voor jou heilige God. Wys aan Hom jou vuil verrotte hart. Erken dat hy so lyk.
  4. Laastens – Dank die Here vir EEN Redder wat vir al die sondes van sy uit-verskeidenheid-bestaande kerk gesterf het. Dank die Here vir EEN doop waarin wit en swart bekeerde rassiste gedoop word in sy aller-heilige Naam!

“Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.” Handelinge 10 verse 14b en 15.


2 thoughts on “…TWEE OF DRIE HELLE, WAT SOU JY Sê?

  1. Ds jy krap op n baie sensitiewe plek oor n baie sensitiewe saak.Ongelukkig is dit juis van ons politici wat rassehaat aanblaas.Die grootste gebod leer ons om my medemens lief te he soos myself.Ek kan dit nie doen,as ek God nie eerste lief het nie.As ek God nie eerste lief het nie , kan ek nie n Christen wees nie.As ek nie n Christin is nie,dan is ek my eie god en doen ek wat ek wil en wanneer ek wil,en dan her ek net myself lief en is alle ander mense sleg en verkeerd,dan is dit maklik om n rassis te wees en heeltyd negatief te wees en fout te soek met almal,want almal is verkeerd.Net ek is reg , jy en almal is verkeerd en n klomp rassiste.

    Like

  2. Oom Shai Mulder praat waar as oom sê dat die politici diegene is wat rassehaat vererger.
    Meeste mense by die werk (Department van Verdediging/Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag) werk baie lekker saam met mekaar en smee wonderlike vriendskappe met mense van ander rasse. So op voetsoolvlak werk dinge tussen mense, maar nie altyd op politieke vlak nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s