AS JY TOE REGUIT MET JULLE BEDIENDE GEPRAAT HET OOR WAT REGTIG AANGAAN IN SUID-AFRIKA

mauser

[Foto van ‘n Mauser]

(OM VAN KENNIS TE NEEM: Hierdie stuk is deel twee wat volg op “AS JY ‘N BEDIENDE HET SÊ DIT VIR HAAR REGUIT”)

Indien jy toe wel met julle bediende gepraat het oor wat REGTIG fout met Suid-Afrika is, dan handel die volgende kort en liefdevol-bedoelde oproep aan jou, oor die “klein-klein kwessie” van geloofwaardigheid. Die woorde wat jy nou gaan lees, rig ek aan jou, en dis iets wat jy moet doen:

Verwyder alle tekens; embleme; vlaggies; plakkers; plakate; voubiljette; penne; uitveërs; DVD’s; borsspelde; EN woorde uit julle huis uit (“maak skoon jou huis” soos Tiaan Gildenhuys (nar) van dinge soos Anglo-boereoorlog gewere en prente van narre, sou sê) wat is van enige hedendaagse politieke party wat nie die dinge waaroor jy met julle bediende uit die Bybel gepraat het, sal AFSKAF as hulle aan bewind sou kom in Suid-Afrika nie. Dit is met ander woorde as hulle die nuwe regering van Suid-Afrika sal word na ‘n verkiesing. Ek hoop jy volg wat ek sê. Indien jy dit nie doen nie sal jy in julle bediende se oë maar net so ’n liegbek (leuenaar is bietjie sag) soos baie ander politici wees. Ek vermoed jy sou nie wou hê dat sy so na jou kyk nie. Vriendelike groete.

(Tussen hakies, as jy al ooit in jou lewe gehoor het van die sogenaamde “Nederlandse Geloofsbelydenis” wat weer tussen hakies die standpunt van duisende der duisende van jou gelowige voorouers was oor hoe ‘n land ingerig behoort te word, lees dan daar wat genoem word Artikel 36 wat gaan oor DIE BURGERLIKE OWERHEID. Tussen hakies (3e keer) hoe ouer die weergawe van die NEDERLANDSE GELOOFSBELYDENIS is wat jy in die hande kry, hoe beter. Jy weet mos wat hulle van ou wyn sê, nê?)

Woordelys:

AFSKAF: Onwettig verklaar; Verwyder; Vernietig; Wette teen dit promulgeer; Erger as Apartheid beskou; ensovoorts …

“Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.” Psalm 33 vers 12.

PS. Ek is 100% ten gunste van Sannas; Mausers; Voorlaaiers en portrette van hansworse en narre in my of jou huis as jy dit het en daarvan hou.


2 thoughts on “AS JY TOE REGUIT MET JULLE BEDIENDE GEPRAAT HET OOR WAT REGTIG AANGAAN IN SUID-AFRIKA

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s