3 ½ MINUTE IN DIE SPESIALIS SE SPREEKKAMER

mri[Voorbeeld van ‘n MRI skandering van iemand se longe]

 

[WAARSKUWING: slegs vir onsensitiewe lesers]

Mediese assistent: “Mevrou Bartlett, u kan maar deurkom.”

Isabelle Bartlett sit die tydskrif langs haar neer en stap in die rigting na waar die suster beweeg. Altwee haar hande langs haar sye. Sy stap stadig.

Dokter Erasmus: “Mevrou Bartlett, kom binne asseblief.”

Hy raak liggies aan haar skouer terwyl hy haar in nooi.

Dokter Erasmus: “Sommer op hierdie stoel … daar’s hy.”

Hy beweeg tot agter die lessenaar en gaan sit – nie ’n trek op sy gesig nie.

Isabelle Bartlett: “En? … wat sê die uitslae Dokter?”

Dokter Erasmus: “Goeiemore Mevrou Bartlett. Ek is jammer om hierdie nuus aan u deur te gee. Ja, dit is kwaadaardig. En die geaffekteerde gedeelte is heeltemal deurtrek. As ek vir u hier kan wys op die MRI skandering … ja, hierso … sien u daar … die gedeelte hierso … en dan strek dit tot … min of meer hier … kan u sien as mens dit vergelyk byvoorbeeld met daardie deel … daar, dan sien mens duidelik die verskil… ek moet darem sê die goeie nuus …”

Isabelle Bartlett loer eers om seker te maak dat dit in der daad haar naam en detail is wat op die MRI skandering is, dan spring sy skielik pen-orent met haar linkerbeen stewig geplant agter die ander een.

Isabelle Bartlett: “Ja jou vrekken fundamentalis! Ek moes na my vriendinne geluister het! Van die eerste dag af dat ek hierdie koue boksie van ’n spreekkamer betree het, het ek geweet! Sogenaamde feite, feite, feite! Jou vervloekte wetenskap se gat man! Jy’s ’n koue kliniese gewetenlose, en ek sê liefdelose dr*l!!! Hoor jy my?! … MAGTAG!!! Jou opinies in my keel kom staan en afdruk … maar ek sê NOOIT WEER NIE! Waar’s die LIEFDE vra ek?! WAAR?!!  … [Sy mompel iets] … mense bietjie leer om vir hulleself te dink …”

Doktor Erasmus: “Maar Mevrou Bartlett … asseblief gee my net ’n kans … die goeie nuus is dat … wag asseblief …

Dokter Erasmus probeer nog keer, maar Isabelle Bartlett gryp haar handsak en stoom by die spreekkamer uit.

“…want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en hulle oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels…” II Timotheus 4 vers 3.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s