BEVRY VAN DIE POUS OM MY EIE POUS TE WORD?

atoombom

[Foto van ‘n atoombom ontploffing]

’n Groter geestelike atoombom in die geskiedenis van die heilige algemene christelike kerk as die Protestantse Reformasie gaan ’n mens lank soek om te vind. Atoombom, nie soos in “instrument van verderwing en dood” nie. Maar soos in, geestelike ontploffing van die suiwere en kragtige prediking van die heilige Evangelie van God, soos geopenbaar in die Hebreeuse-; Aramese en Griekse geskrifte van die Bybel. Die golwe van die atoom wat daar gesplit is toe die Here een angstig-om-gered-te-word Augustiniaanse monnik opgerig het om alle goddelike gesag uit die pous van Rome se tien vingers en een tong te wring, en dit in die Skrif waar dit in-elk-geval heeltyd was aan die kerk terug te gee, tref ons vandag nog vlaag op vlaag, week na week.

“Aaag, ek kan dit nie verstaan nie! Die ouens wat regte swot, doen lankal nie meer Latyn nie. Vi’ wat moet ons nog Grieks en Hebreeus doen?”

“Vra dit!”

Die punt is dat talle en talle Protestantse teologie-fakulteite oor die wêreld heen van hulle studente vereis om Grieks en Hebreeus te studeer, juis as gevolg van en veral na die Protestantse Reformasie.

[Tussen hakies, jy sal in hierdie jaar (1517-2017) dalk meer en meer die uitdrukking “Protestantse Rewolusie” begin teëkom. Dit kom meestal uit die penne, en tikkende vingers van die wat hulleself oortuig het dat ’n groot deel van die hedendaagse euwels in ons wêreld terug herlei kan word na daardie magtige beweging in die 16e eeu wat die wurgende arms van die een wat op die skerpste punt van die Roomse piramide sit, los gemaak het van die Heilige Skrif. Dit net so tussen hakies]

In Luther se tyd het ’n groot deel van die christelike bevolking lankal nie meer die kerklike taal – Latyn, gepraat of verstaan nie. Daar het ook meer en meer misverstande en teologiese onsekerheid en verwarring die ronde gedoen, aangehelp deur die Latynse Bybel wat die Vulgaat genoem word.  Wanneer Luther ’n kopie van Erasmus van Rotterdam se 1516 uitgawe van die Griekse Bybel in die hande kry was die wêreld nooit weer dieselfde nie, en uiteindelik as die helder en duidelike sondaar-reddende Evangelie deur Martin se hart en gedagtes bars, hoor ons – en dit tot vandag toe, van ’n heilige God wat sy eie Seun – die Here Jesus Christus gestraf, ja die hel op Hom uitgegiet het, vir ons!

Een van die groot verwyte teen Luther in daardie tyd was dit:

“Luther! As jy die Bybel aan elke christen in die hand gee, gaan elkeen dit anders interpreteer en die kerk uiteindelik so fragmenteer!”

Sal graag wil hoor hoe ywerige Protestante hierdie Roomse verwyt vandag antwoord, want is daardie verwyt nie tot ’n mate toe bewaarheid nie?

Hoor ons nog van die kansels af die gesagvolle prediking – nie van wat mense sê nie, maar van dit wat GOD Sê? Ons hoor vandag dalk eerder:

“…Ag weet julle ek voel vanoggend in my hart dat ek vir julle moet sê …” of

“…ek stem glad nie saam daarmee nie, ek voel mens moet …” of

“…my standpunt oor hierdie vers is dat mens altyd moet onthou dat …”

Harte; gevoelens; en standpunte…

Het GOD dan niks SELF gesê nie? Is dit nie juis wat Luther ontdek het in die heilig Skrif nie? God self is aan die woord.

Of het Luther ons van die mag van die Pous bevry om uiteindelik maar vandag ons eie pouse te word?  

Mag die Here ons genadig wees.

“…Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord…” Jesaja 66 vers 2b.


2 thoughts on “BEVRY VAN DIE POUS OM MY EIE POUS TE WORD?

  1. Frikkie, die fragmentering van die liggaam van Christus in die moderne reformatoriese gemeentes is nie die gevolg van interaksie van gelowiges met die Woord nie, maar eerder ‘n vervanging van die Pous met die moderne Pous (demokrasie) waar Christusregering deur die will van die meerderheid mense vervang is. Ek het vroeer vandag ‘n stuk geskryf wat aantoon dat verplasisng van Christus as Hoof van die gemeente is die gevolg van ‘n valse geloof – sien https://goo.gl/daJfQs

    Like

    1. Gert, ek moes dit dalk duideliker gestel het. Wat jy “interaksie van gelowiges met die Woord” noem is eíntlik hoe honderde op honderde predikers vandag aan duisende naiewe luisteraars die Woord preek. Só: “Ek voel in my hart dat God vir jou die volgende sê…” of “My siening, broer en suster, oor hierdie teks is…” En só word die Woord gesmoor…

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s