“McPROTESTANTS” EN DIE RESTAURANTIFISERING VAN DIE KERK

tafeldoek

[Wie kan nog “Mike’s Kitchen” se swart en wit tafeldoeke onthou? Nie seker watter kleur McDonalds s’n is nie. Het hulle tafeldoeke?]

Laat ek vandag met die huis op die deur val: Die verskille tussen kerk en restaurant het in ons tyd gekrimp tot enkel getal persentasies – soos in net 8-9% kerke word nie soos restaurante bedryf nie (dis ’n persoonlike raaiskoot). Dalk vir dieselfde teenoorgestelde hoeveelheid mense [92%] is hulle eie ingesteldheid teenoor die kerk ook ononderskeibaar van hulle houding teenoor restaurante oor die algemeen.  

REëLBOEK VAN DIE RESTAURANT:

  1. Die kliënt is altyd reg – “Pasop om op niemand se tone te trap nie, Dominee. O ja, en daardie paartjie hulle dra gewoonlik baie ruim by tot die kerkkas. Dalk is dit beter om nie weer so reguit teen hoerery en voorhuwelikse seks te preek soos laas week nie. Natuurlik! Die waarheid is die waarheid maar die liefde is tog ook ’n groot kenmerk van die Christendom, is ‘it nie Dominee?”
  2. Skep ’n ontvanklike atmosfeer wat uiteindelik beursies sal laat oopgaan – “Moet nooit frons nie, hulle sal dink jy raak kwaad. Wat is daar nou om oor kwaad te word in so ’n pragtige land soos ons s’n?”
  3. Onthou, jy kan niks op die spyskaart in die kliënt se keel afdruk nie – “Laat hyself besluit met watter opdragte van God hy mee gemaklik voel, of wat hy bereid is om te aanvaar as die waarheid.”
  4. Moenie te veel by die kliënte inmeng nie, gun hulle hulle privaatheid – “…almal weet huisbesoek is outyds, jy’t niks met mense se private lewe te make nie… Kerklike opsig en tug?! Is jy snaaks?! Jy sal die mense wegjaag, en dis hulle wat jou salaris betaal onthou Dominee…”
  5. Wees baie kinder-gefokus – onthou waar die kinders kan jolifikeer daar glimlag die ouers ook – “Wat ek eintlik bedoel is, mens moet dinge maar so lekker en eenvoudig as moontlik hou wat selfs die ou kleintjies nie uitgesluit sal laat voel nie. Of mens kan hulle uit die diens uitsluit vir ’n ander programmetjie…”
  6. Seker die belangrikste een – Lewer populêre produkte – “Maaaan!!! Gee vir hulle wat hulle wil hê, nie noodwendig dit wat hulle nodig het nie. Hierdie strategie sal die bankbalans turgessent hou.”
  7. Nooi hulle om so gou as moontlik weer terug te kom – “Hoe dink jy gaan jy en jou kinders oorleef sonder hulle geldelike bydraes, huh?”

 KLIëNTE SE VEREISTES-BOEK:

  1. Voldoen hulle aan MY behoeftes? (“Die kerk is tog daar vir my, en nie ek vir die kerk nie. Nie waar nie? So, pas hulle in by my drome, en dit wat vir my belangrik is? Diiiiis goeie kerke.”)
  2. Nie baie voorskriftelik nie. (“Oe nee. Ja ek het so groot geword, maar nee, net nie die wet nie. Vir my is God liefde.”)
  3. Ek is die een wat besluit waar ek my geld gaan spandeer. (“En moenie ’n diaken stuur en kom vra vir dit nie, ek weet hoe ek dit gedoen wil hê…”)
  4. Ek gaan daarheen waar ek die beste waarde vir my geld kry. (“Ek verkies minimum geldelike bydrae vir maksimum ervaring.”)
  5. Een negatiewe ervaring by ’n restaurant is vir my genoeg om nooit weer daarheen te gaan nie. (“Ek meen, jy’s tog daar vir my, is ‘it nie?”)
  6. Laat hulle my belangrik en gemaklik voel? (“Liefling, dalk moet ons hierheen kom, hulle laat mens so tuis voel – asof jy nommer 1 is.”)
  7. Besef hulle: “DIE KLIëNT IS KONING”? (Ek gee nie om as hulle daai Boney M liedjie speel nie? “Long time ago, in Bethlehem as the Holy Bible say, Mary’s boy child…Hark now hear the angels say a KING is born today? … Solank hulle net onthou wie regtig KONING is.”)
  8. Ek kies op die spyskaart waarvan ek hou (“Wil dit nou nie te kras stel nie, maar ek is graag gehoorsaam aan daardie dinge waarmee ek gemaklik voel. So, ek kies maar volgens smaak.”)

“Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ’n pilaar en grondslag van die waarheid.” I Timotheus 3 vers 15.

VRAAG AAN JOU: Kan jy uitbrei op die lys? Doen dit dan hier iewers!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s