OOR DIE BURGERMEESTER VAN DAAI WOONBUURT IN ROME

wp-1489442411460.jpg[Foto van Karol Józef Wojtyła ook bekend as Pous Johannes Paulus II (1920-2005) wat onlangs nog “heilig” verklaar is, wat beteken dat pousgesindes nou ook tot hom mag bid en vra vir voorbidding]

Die Vatikaan is die wêreld se kleinste staat, en is geleë in ’n gedeelte van die stad Rome – Italië. In oppervlakte beslaan dit 0.5 vierkante kilometer. Die Rooms-Katolieke pous wat verkies word deur die sogenaamde Kollege van Kardinale is die hoof van hierdie staat en ook van die wêreld se meer as ’n biljoen Rooms-Katolieke. Die finansies en geld van die Vatikaan kom van bydraes van bisdomme van oor die hele Rooms-Katolieke wêreld. Toerisme, verkope van muntstukke, seëls, en rente op die aansienlike beleggings en eiendomme van die Vatikaan maak die res van hierdie lappie grond se inkomste uit.  Die stad het net so onder 1000 mense wat hoofsaaklik bestaan uit lede van die internasionale Rooms-Katolieke hiërargie. Belydende protestante was histories nie net “pro-Evangelie” nie, maar ook anti-Rooms. Hier is wat drie reformatoriese belydenisskrifte wat vandag nog deur miljoene Protestante oor die wêreld heen vasgehou word, oor die burgermeester van hierdie woonbuurt in Rome te sê het:

Voorwoord by die gereformeerde DORDTSE LEERREËLS (1618-1619): …Hierdie kerk is trouens deur die magtige hand van God van die tirannie van die Roomse Antichris en die verskriklike afgodediens van die pousdom verlos… [Latyn: Hanc enim Ecclesiam a Romani Antichristi tyrranide et horribili papatus idololatria potenti Dei manu vindictam]

Die Presbiteriaanse WESTMINSTER CONFESSION OF FAITH (1647) – CHAPTER 25; Of the Church, 6. “There is no other head of the Church, but the Lord Jesus Christ; nor can the Pope of Rome, in any sense, be head thereof; but is that Antichrist, that man of sin, son of perdition, that exalteth himself, in the Church, against Christ and all that is called God.”

Die Lutherse SCHMALKALDISCHE ARTIKELS (Dr. Martin Luther – 1537) – “Hierdie deel wys kragtiglik dat hy die ware Antichris is, wat homself oor en teenoor Christus geplaas en verhoog het, omdat hy die christene nie wil laat salig word sonder sy mag, wat in elk geval niks is nie, en nie deur God ingestel of beveel is nie. Dit is eintlik hoe hy homself “oor God en teenoor God” stel soos St. Paulus sê … Laastens is die pousdom niks anders as die duiwel self nie, omdat hy oor en teen God sy leuens van misse, die vagevuur, kloosters, die eie werke en godsdiens (wat nou die ware pousdom is) dryf … Daarom, so min as wat ons die duiwel self as ‘n Heer en God sou kon aanbid, só min sou ons ook sy apostel, die pous of Antichris, in sy heerskappy as hoof en Heer kon verduur… [Duits: Dies Stuck zeigt gewaltlich, das er der rechte Endechrist oder Widerchrist sei, der sich uber und wider Christum gesetzt und erhohet, weiler will die Christen nicht lassen selig sein ohn seine Gewalt, welche doch nichts ist, von Gott nicht geordent noch geboten. Das heist eigentlich “uber Gott und wider Gott sich setzen”, wie S. Paulus sagt…Zuletzt ist’s nichts denn eitel Teufel, da er seine Lugen von Messen, fegfeur, Klosterei (und), eigener Werk und Gottsdienst (welchs denn das recht Bapsttum ist) treibet uber und wider Gott … Darumb so wenig wir den Teufel selbs fur einen Herren oder Gott anbeten konnen, so wenig konnen wir auch seinen Apostel, den Bapst oder Endechrist, in seinem Regiment zum Häupt oder Herrn leiden].

“Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!” Mattheus 7 verse 15 en 16.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s