OOR DIE VERBANNING VAN GOD UIT DIE TUIN VAN EDEN

(Die goties-geboude “koningin van katedrale” in die Franse stad Chartres dateer uit die elfde eeu)

Ja, jy’t reg gelees. Hierdie korterige artikel handel oor die onmoontlike tema van die uitbanning van God uit die paradys. Die mens se paradys, of die utopia-hemel-op-aarde poging van sondaars om die samelewing in te rig volgens hulle eie goeddunke. Sekulêre Humaniste het geen plek vir God in hulle denke of in hulle wêreld nie. Ja, elkeen van die meer as 200 regerings van die wêreld wat die Universele Verklaring van Menseregte onderteken het, is tot ’n meer of minder mate onder die invloed van hierdie ideologie. Dit lyk egter asof die vernietigende kankerkolle van hierdie mens-aanbiddende-indoktrinering die grootse skade in die Weste aanrig. Vir die eerste keer in die geskiedenis, is die Verenigde State van Amerika op ’n lys van lande waar christene vervolg word. Die polisie het onlangs nog ’n prediker van die Duitse stad Bremen ondersoek – ’n ene Pastor Latzel, omdat hy preek dat die drie-enige God die enigste ware God is! ’n Pastoor word ’n paar jaar gelede hier in Suid-Afrika aangesê om ’n groterige bord in sy erf wat langs ’n verbypad staan te verwyder, na ’n ateïs ’n saak teen die eienaar gaan maak het. Op dit was geskryf die woorde uit die Bybel: “The fool says in his heart there is no God”.  

God se uitbanning

Wanneer die mens sy innerlike goddelikheid insien soos die “New Age” leer, en die humanisme wat nie in God glo nie dit prakties begin uitleef, is daar geen plek meer vir enige ander gode in so ’n samelewing nie. God en sy Woord moet uit – orals! Jy voel dit by die werk. Praat maar oor alles en almal, maar net nie oor jou geloof en die Bybel nie. Wie wil nou ’n terroris wees of hoogverraad pleeg in enige samelewing?

Is Hy regtig uit?

O Westerse arrogant (tweede persoon enkelvoud)! Jy dink jy’t God veilig op sy plek, iewers in ’n katedraal, of êrens in ’n Boek opgesluit. Nou kan jy lekker onbekommerd-van-gewete jou druppende vingers in vrede aflek. Net ’n sagte, effens-vriendelike waarskuwing as ek mag: Jy dink dis jy wat Hom sy plek gewys het. Maar wat jy nie weet nie is dat dit Hy is wat vir jou aan jou eie sondige hart en skandelike hartstogte oorgegee het. Sy verlating van jou huis en jou wêreld het net mooi niks met jou fyn beplande strategie te make gehad nie. Dit is Hy wat in sy regverdige oordeel jou nou aan jou eie lot oorlaat. O het Hy maar sy straf oor jou aangekondig soos deur Jona aan Nineve, want as God straf is Hy nog betrokke by jou. Maar wanneer Hy jou eers aan jouself oorgee is dit die stilte van die hel wat oor jou neerdaal. Niks, niks kan so verskriklik wees nie…  

Hoe nou verder

Geagte Christen, besef in die eerste plek dat sekulêre humanisme ’n ingesteldheid van God-hatende outonomie is: 

Leer eers om dit te verafsku en te haat met jou hele hart, en met jou hele siel en met jou hele verstand. 

Buig jy dan onvoorwaardelik voor die drie-enige God van jou redding in ootmoet en in hoop. 

Smeek Hom om sy heilige Woord in jou diepste wese in te brand deur die krag van sy Heilige Gees, soos wat jy dit lees, daarna luister, en dit bid en sing. 

Deur sy genade rig jou wêreld in onder die koningskap van die koning van die konings. O ja, en verwag dan ’n oorlog… 

Afsluiting met ‘n brief:

Geagte Adam se agter-agter-agter-agter-agter…kleinseun. Hulle’t vir jou gelieg toe hulle vir jou gesê het dis ons wat God uit die paradys verjaag het, want eintlik…

“…omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister…” Romeine 1 vers 21

“…Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus…” II Korinthiërs 10 verse 4 en 5.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s