HET JY AL ’N BEGINSEL PRYSGEGEE OMDAT JY AS RASSIS UITGEKRYT IS?

(Wanneer dit jou verantwoordelikheid is om ‘n voertuig eienaar aan te spreek omdat hy verkeerd geparkeer het)

Ons leef in ’n samelewing waarin die grootste skandaligheid wat iemand kan verrig, ’n misdryf teen ’n spesifieke mens is. Die naam van hierdie oortreding – naamlik rassisme, is alom bekend in ons land. Rassisme is enige woord, gebaar, of optrede wat spreek van haat of ’n gevoel van meerderwaardigheid teenoor iemand wat nie soos jy lyk ten opsigte van gelaat en genetiese velkleur nie. Die stigma wat aan hierdie sosiale euwel kleef is so geweldig en groot, dat dit maklik misbruik kan word ter wille van eie gewin. Wees eerlik: Watter mens is daar wat nie graag hierdie of daardie knoppie weer-en-weer sal druk as daar elke keer ’n blink gratis wat-ookal aan die ander kant uit kom nie? Soos om daardie gans se strot met mening te wring, en te wag vir die goue eier om aan die agterkant te: “PING!!!”

Waar dit begin sleg word vir ’n samelewing, is wanneer mense begin om enige opposisie wat hulle waar-ook-al beleef af te maak as komende uit ’n hart wat vol is van rassisme. 

“Excuse me sir, but you are not allowed to park here…”

“You Racist!!!”

Of wat ookal.

In hierdie skrywe wil ek graag twee sake voor jou as Christen stel:

1. Probeer so ver as wat jy kan, soos die Bybel leer, in vrede met alle mense leef. God het jou voorouers hier aan hierdie groot kontinent se suide geplaas nie om vir jou ’n wit-protestantse-klooster êrens oop te kerf nie, maar om hier in inter-aksie met jou alledaagse medemens tot eer van sy Naam te leef.  Reik uit na ander, by jou werk, by die kompleks waar jy woon, by ChechersHyper; op pad uit die kleedkamers, in die motor, en teenoor julle bediende – as julle een het. Naasteliefde.

2. Maar indien jy wel gekonfronteer word met ’n situasie waarin jy verkeerdelik van rassisme beskuldig word omdat jy skaamteloos en beginselvas in ’n sekere saak standpunt in neem, dan sal dit absoluut verkeerd wees om te smelt in jou hart onder hierdie valse beskuldiging, en dan as gevolg daarvan die beginsel in daardie saak prys te gee. Wat is die punt? Die punt is moenie buig in wat reg en verkeerd is volgens God se heilige Woord nie, al word jy as ’n rassis uitgekryt. Verstaan jy? So, hoe antwoord mens in so ’n gespanne situasie die beskuldiging van die persoon wat jou van rassisme beskuldig omdat jy byvoorbeeld aan hom moes sê dat hy op die verkeerde plek parkeer het. Hier is ’n voorstel om die beginsel te behou:

“Yes, I am a racist, and I am just as racist towards white people who park on this place. Do you understand?” En dan kyk jy die ongehoorsame parkeerder ferm en reguit in die oë, totdat hy jou vraag antwoord.

Luister mooi, die doel is nooit konfrontasie ter wille van konfrontasie nie. Maar belhamels moet liefs nie met pinkies en pienk fluweel gedeflekteer word nie. Jy weet mos, soms is jy mos ook astrant, nie waar nie?

“…as dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense…” Romeine 12 vers 18.

“Maar Ek sê vir julle dat julle ’n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom.” Mattheus 5 vers 39.

“En toe Hy dit sê, het een van die dienaars wat daar staan, Jesus in die aangesig geslaan en gesê: ‘Antwoord U die hoëpriester so?’ Jesus antwoord hom: As Ek verkeerd gespreek het, getuig van die verkeerdheid; maar as Ek reg gespreek het, waarom slaan jy My?” Johannes 18 vers 22 en 23.

“Antwoord ’n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.” Spreuke 26 vers 5.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s