EN SAL DIE WEGVLIEG VAN EEN SWAELTJIE DIE WINTER LAAT OPHOU?

[’n Foto van Andy Sandness wat in 2016 ’n gesig oorplanting in  Amerika ondergaan het]

Ons land het soveel meer nodig as die vervanging van een leier met ’n ander. Wat sal enige nuwe met-die-regterhand-op-die-Bybel-ingesweerde leier se houding teenoor die mengel-godsdiens mantra van ons land wees? Wat sal enige nuwe leier se houding teenoor die plaasmoorde op ongebore kindertjies in aborsie klinieke wees? Wat sal sy houding oor die abortering van ou mense op die plase met messe en gewere wees?  Sal hy ook die onderskeid tussen sogenaamde aanvaarbare- en kinderpornografie maak? Wat sal sy siening van Suid-Afrika se solo status op die kontinent wees, wat die skandelike vermenging van man-met-man in staatsgesanksioneerde huwelike betref?

Die punt is dat die ideologiese breinspoelings kweekhuis-effek hier in Suid-Afrika al so suksesvol sy werk gedoen het, dat min mense besef of agterkom dat hulle self al so praat, optree en van ander verwagtings koester, wat alles 100% in lyn is met die gif wat vandag ons samelewing se ondergang bewerk.

Waar in jou drome is die liberale uitgangspunt opgetoor om almal te laat glo dat as jou land se ekonomie net goed is dan gaan dit goed met jou land? Ek weet, hier moet ons die Here se eie woorde onthou dat dit hierdie dinge is waaroor die heidene besorg is. Dalk is dit wat ons is, of geword het… 

’n Zoeloe kollega sê nou-die-dag aan my: 

“Mfundisi, kyk as jy herstelwerk aan ’n geut of aan die dak van jou huis moet doen, dan doen jy dit daarbo – dis al wat jy hoef te doen. Maar hierdie land van ons het baie meer as ’n geut of ’n dak wat herstel moet word. Hier het jy met ’n fondasie probleem te make.”

Hoe beskuldig jy witmense van rassisme as jy sedert die negentiger jare al die moord op ongebore swart babatjies goedkeur – aborsie was teen die wet onder Apartheid?

Hoekom veg jy net teen plaasmoorde en is jy stil oor die wet op aborsie in ons land? Is Moord dan nie moord nie?

Hoe veg u teen HIV/Vigs terwyl u kondome by die skole uitdeel, minister?

Hoekom is julle so ontsteld oor graad 3’s en graad 4’s wat swanger word as dit jou wette is wat sekswinkels op straat en pornografie op TV toelaat? 

Hoekom is julle kwaad oor witmense wat toenemend rassisties optree, as die jong Sello Malema wat gereeld teen witmense uitvaar deur geen ander Sotho of Zoeloe leier aan die bek geruk word nie? Hoe moet die meerderheid Suid-Afrikaners se stilswye oor sy ras-opstokende uitlatings geïnterpreteer word?

Waar o waar is daardie christene wat vandag nog glo dat die heilige wet van God die heilige wet van God is?

Kan jy nog onthou toe mense nog gesê het: “Reg is reg, en verkeerd is verkeerd”?

Is daar nog mense in hierdie land oor wat glo dat alles en almal die knie moet buig onder die koningskap van Hom wat genoem word die “Owerste oor die konings van die aarde”?

Nee, nee, nee. 

Suid-Afrika het nie ’n gesig-oorplanting nodig nie. 

Dit is sonder twyfel ’n hartoorplanting wat hierdie land nou meer as ooit nodig het.

Nie die gemors van ons grondwet se AANHEF – gaan lees ’it, waarin die mens met sy idees, standpunte en uitgangspunte die rigting aandui en dan eers daarna, na alles God ingeroep word en dan gevra word: “Mag God ons mense beskerm” nie. 

Here wees tog ons land genadig, en skenk tog aan ons bekering. Ons weet ons verdien dit nie, want ons het U so vertoorn met ons sonde teen U heilige Naam en wet. Vergewe, vergewe ons tog o Here. Was ons in U groot genade in Jesus bloed, en reinig ons tog van ons skuld en smet. Herstel tog in ons die vreugde om U met hoop en in heiligheid te dien. In Jesus Christus Naam bid ons, Amen.

“U, HERE, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag. Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae? Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd. Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?” Klaagliedere 5 verse 19 tot 22.

“Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.” Psalm 33 vers 12.

“Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.” Spreuke 3 vers 33.

“Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word…” Galasiërs 3 vers 13a.
    


One thought on “EN SAL DIE WEGVLIEG VAN EEN SWAELTJIE DIE WINTER LAAT OPHOU?

  1. So waar… so bitterseer waar.
    Soms wonder ek, is daar nog hoop? Durf ons nog vra…? Ons wat so eiewillig sommer die knie voor Baäl buig…

    Ander vraag – het ons volk ‘n reg om nog te bestaan? Wat maak dat volkere verdwyn (dink aan die vele rooihuidstamme selfs voor Columbus die VSA ontdek het)? Wat maak dat ons nou juis moet voortbestaan? Is die individu nie meer as die volk nie? Werk God met volkere of individue?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s