DIT MAAK SAAK WIE PRESIDENT IS, JUIS OMDAT JESUS CHRISTUS KONING VAN DIE KONINGS IS

SAND

[Sand]

So wat is die punt? Die punt is dat alle regeerders van alle lande op die ganse aarde – presidente; konings; monarge; despote; vorste en outokrate moet buig onder die septer van Hom wat die koning van die konings is. Hoor hoe word hulle gewaarsku in die tweede Psalm van die Bybel:

“Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!”

Dit is hulle wie se simpatie meer by die 16e eeuse pasifisme van die Anabaptisme lê wat plakkate soos die volgende sal ophou: “Maak nie saak wie president is nie, Jesus bly die koning van die konings.” Dit is om in ’n sagte super-geestelike boomhuisie iewers te gaan wegkruip van die regte lewe af.

Die groter probleem vandag is egter dat heelwat mense wat vandag roep om die keiser se kop in Suid-Afrika, dit nie doen omdat daar ’n vuur vir God se kerk en koninkryk in hulle harte brand nie. Hulle is nie kwaad oor korrupsie omdat God sê: “Jy mag nie steel nie.” Nee hulle is kwaad daaroor omdat hulle belasting-geld vermors word wat ook te verstane is. Maar die stand van ons land word deur hierdie mense nie gemeet aan die heilige Woord van God nie. Nee, hulle meet dit aan die stand van hulle eie harte. Ons ganse politieke bestel se uitgangspunt is die mens en sy sogenaamde “ingebore waardigheid” [Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; Handves van Regte – Hoofstuk 2 – Menswaardigheid; 10]. God word darem ’n plekkie gegun [as ’n mens hierdie woorde mag tik] as daar vir beskerming gesoek word: “Mag God ons mense beskerm” [AANHEF van Suid-Afrika se  grondwet].

So.

Waarom nou skielik die bohaai?

Psalm 2 praat van die volkere van die wêreld wat saam raad hou teen die HERE en teen sy Christus. Hoor wat sê hulle:

“Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!”

Indien die regering van God drie-enig nie erken word in ons land se grondwet nie, hoe is ons dan verbaas dat die mure nou begin kraak en dat die vloer begin meegee? Is hierdie land met sy miljoene der miljoene christene – soos hulle sê, se uitgangspunt en fondasie die Rots wat Jesus Christus is, of is hierdie land se grondwet gebou op die sand van ongehoorsaamheid aan sy Woord?

 

En die reën val neer en die vloed styg op,

En die reën val neer en die vloed styg op,

En die reën val neer en die vloed styg op,

En die huis op die sand val plat!

 

Die vraag is of daar nog profete oor is [Kan jy onthou? profeet; priester en koning] in hierdie land wat die kierie-vegter van Nkandla reguit tot bekering sal oproep…

Mag die HERE ons land genadig wees.

Hier kom ’n golf.

“…En nadat hulle losgelaat was, het hulle na hul eie mense gegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het. En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het, wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink? Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde. Want waarlik, Herodus en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het, om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind. En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek…” Handelinge 4 verse 23 tot 29.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s