VERSOEN MET WÍÉ DEUR JESUS CHRISTUS SE BLOED?

          (In ‘n klerewinkel vroeër vandag…)

As daar een tema in die Bybel is wat in die afgelope dekades weer, en weer, en weer aangeval is, dan is dit die duidelike leer van die Bybel dat sondaars deur die kruis en bloed van die Here Jesus Christus met God versoen is. Party mense wat nog in gemeentes is waar die Evangelie nog suiwer gepreek word sal vra: 

“Maar wat’s dan so vreemd of ontstellend in so ’n boodskap? Dis mos maar die Evangelie soos wat dit nog altyd was!”

Maar die antwoord op hierdie vraag lê in die woordjie “versoen”. 

Indien versoening in enige situasie op aarde nodig is dan veronderstel dit ten minste een party wat kwaad is:

“Is daar nou vrede? Het hulle toe ‘opgemaak’ ?”

“Ja, sy’t erken dat sy dit wel gesê het, en hom toe om verskoning gevra.” 

“En hy? Het hy haar toe vergewe?”

Ensovoorts. Mens sou nog vele ander voorbeelde soos hierdie kon opnoem om die punt te illustreer.

Maar as sondaars deur die bloed van die Here Jesus Christus met God versoen is, wat veronderstel dit dan? Bedoelende wie was kwaad? Soekende na ’n antwoord op hierdie laaste vraag, huiwer die geslag waaronder ons ons in 2017 bevind langer as ’n ongemaklike stilte. Dit kan tog nie God wees wat kwaad was nie want God is liefde, is’t nie? Goed. Maar wat leer die Bybel? 

“Hom het God voorgestel in sy bloed as ’n versoening [Grieks: hilasterion] deur die geloof…” Romeine 3 vers 25.

Wie was dus kwaad? God natuurlik, want Hy is nie bloot liefde soos mense dikwels dink nie. Nee, God is heilige liefde, en daarom brand sy toorn oor die wat nie in die Here Jesus Christus is nie. En die punt is natuurlik dat die prys van versoening tussen God en sondaars, Jesus Christus se bloed, ja sy dood was. Maar dit is juis hierdie Evangelie wat liberales en intellektuele ongelowiges wil vernietig en wat hulle vandag nog steeds beveg. Wie sou dan nie ’n God wou hê wat net liefde is nie? God se toorn oor ons as sondaars is natuurlik ook ’n groot verleentheid vir mense wat dink dat hulle tog nie so sleg is nie. Maar die wat die Woord lees en glo, weet dat die Here anders leer.

Ek en vroulief stap vandag in ’n klerewinkel in terwyl ons gesels met mekaar, en ‘n vriendelike verkoopsdame staan toe nader om haar hulp aan te bied. Sy was ook geïnteresseerd in die kinders, en ek verduidelik toe die herkoms van hulle Bybel name aan haar. Sommer vinnig het ons gesprek met haar na geloof, en die Here Jesus Christus gedraai:

“Yes but there’s good in all religions. You know I actually grew up Methodist, but I’ve long since left the church and now I choose from different religions what I need. You know the religion that I really have respect for is Buddhism, because…”

En so gaan sy toe aan.

Op ’n stadium praat ek toe met haar oor hoe belangrik dit is om God nooit los van die Bybel te soek nie. Sy vertel toe dat sy op ’n stadium begin het om die Bybel te lees van die begin af en dit het haar eintlik ontsettend ontstel:

“Why is God so angry? You know and the people dying and everything…”

Die gesprek draai toe na iets anders maar toe kom ons weer terug na die “toornige God” en al die mense waarvan mens lees dat Hy hulle gestraf het. Ek dog toe, hier’s my kans en sê toe:

“Do you remember, you  just said that God’s anger towards those people really frightened you when you started reading the Bible from the beginning?”

Sy sê toe: “Yes.”

“Well, do you know what God did with His Holy anger towards sinful people?”

“No.”

Toe kon ek so helder en duidelik verduidelik:

“God actually poured out His holy anger over Jesus on the cross. This is why Jesus Christ died on the cross, to die in the place of sinners.”

Soos wat die dame voor ons gestaan het – met die aanhoor van hierdie woorde, kon sy nie haar trane keer nie. Haar oë het vol trane geword, en al wat sy kon uitkry terwyl sy dit afvee was:

“It is so beautiful. I’ve never heard this before. It is so beautiful.”

Ons kon nog verder met haar praat oor hierdie  Goeie Nuus, en wil vra dat julle asseblief saam met ons vir Samantha sal bid.

Laat die liberale teoloë met hulle argumente stry soveel hulle wil, maar dit is hierdie Evangelie van ’n heilige God wat in Christus was en ons met Hom versoen het wat in klerewinkels, universiteite, biblioteke, en straat kafee’s harte deurboor en lewens totaal verander.

Alle lof en eer aan die Here vir die Evangelie van versoening deur die bloed van Jesus Christus.   

  

   


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s