VERWYDER JESUS SE LYDING ALLE PYN UIT DIE GELOWIGE SE LEWE?

PILATUS

[’n Foto van die bekende “Pontius Pilatus Inskrywing” waarop onder andere die volgende woorde gegrafeer is: “Aan Tiberius … Pontius Pilatus … Prefek van Judea”. Hierdie steen is in 1961 in die hawestad Caesarea – Israel,ontdek.]

In Johannes hoofstuk 19 vers 1 lees ons dat die Romeinse prefek by Jesus die Messias se kruisiging – Pontius Pilatus was. Dit is ook hy wat die jong rabbi van Nasaret laat gesel het:

“Toe neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom gesel [Grieks: emastigosen].”

Wanneer die skrywer aan die Hebreërs in hoofstuk 12 aan hulle skryf oor die tugtiging van die Here in hulle lewens lees ons die volgende – mooi oplet nou:

“…want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty [Grieks: mastigoi] elke seun wat Hy aanneem…” – Hebreërs 12 vers 6

As jy mooi oplet sal jy sien dat die Griekse woord vir Jesus se geseling en die woord vir die kastyding – ’n mooi ou Afrikaanse woord, van die gelowige deur God, eintlik dieselfde woord is. Bloed en pyn word sonder twyfel geïmpliseer.

Maar wat beteken dit?

Het Jesus my redding deur sy lyding begin, en voltooi ek my redding deur die lyding wat ek daarna moet deurgaan?

Antwoord: Absoluut NEE. Ons regverdiging, heiligmaking en wysheid is in die Here Jesus Christus alleen geleë.

Maar, dit is baie duidelik dat die Here ook regte pyn en swaar in die gelowige se lewe gebruik “…sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word…” – vers 10b van daardie selfde hoofstuk 12 van Hebreërs.

Geliefde gelowige! Moet daarom nie die duiwel bestraf en dinge begin “afsny” soos hulle sê, sodat die pyn en swaar jou kan verlaat nie. Jou woorde gaan nie veel uitrig teen God se rottang van liefde in jou lewe nie. Hy is lief vir jou, en die kruis van die Here Jesus Christus is die bewys daarvan, ja jy is ook persoonlik gedoop in daardie Naam. Buig eerder onder sy hand en bid:

“O Here, God van my lewe, van my vriende en familie sê dat hierdie pyn en swaar in my lewe deur die duiwel in my lewe gebring is. Maar deur U genade weier ek om hierdie leuens te glo. Ek verneder my voor U en bely my sonde openlik, en ek bid Here dat U my tog in die bloed van die Here Jesus Christus sal was. Gee tog aan my die genade en krag om met hoop in my hart hierdie tugtiging uit U hand te dra, omdat ek weet ek leer so selde wanneer dit met my goed gaan. Laat my tog u heiligheid meer en meer deelagtig word. Alle lof en eer aan U o Vader, Seun en Heilige Gees, een God. Amen.”


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s