DIE BETWYFELDE OF ONGETWYFELDE CHRISTELIKE GELOOF?

BOOM

[Talle en talle kerkgeskiedenis boeke beskryf die Protestantse Reformasie as ’n wegskeur van die “groter kerk”, amper soos ’n boom se sytak wat wegbeweeg van die oorspronklike stam af. Hierdie siening is totaal verkeerd.]

Een van die pragtige bewyse dat die Protestantse Reformasie geensins ’n wegskeuring van die heilige algemene christelike kerk was nie is die Apostoliese Geloofsbelydenis. Tussen hakies: Het jy geweet dat die oorspronklike taal van hierdie “ekumeniese belydenis” Latyn is? ’n Effense meer ontstellende vraag klink so (ook so terloops): Het jy geweet dat die gedeelte “…ek glo aan ’n heilige algemene christelike kerk…” in Latyn so klink? : Credo in … sanctam ecclesiam catholicam… Kan jy sommige van die woorde herken? Ja, die woord “algemene” in ons Afrikaanse vertaling is gewoon die woord “katoliek” in Latyn – sien artikel XXVII van die Nederlandse Geloofsbelydenis indien jy nog belangstel.

Maar terug na ons aanvanklike punt: Waarom sou die Apostoliese Geloofsbelydenis ’n bewys kon wees dat ons kerk nooit van hierdie heilige algemene christelike kerk weggeskeur het nie, en inderwaarheid deur die genade en goedheid van God, die voortsetting daarvan is?

Die punt is dit dat die Protestantse Reformasie geen platslaan van:

“Ek is reg! Ek is reg! Ek is reg!” was nie.

Nee, alles wat met die onfeilbare Woord van God soos vervat in die Hebreeuse; Aramese en Griekse teks van die Bybel ooreengekom het is behou.

Volg jy? Die Groot hervorming en reiniging van die kerk in die 16e eeu was geen platslaan en oor begin nie, want wat Skriftuurlik was is behou en wat onskriftuurlik en duiwels was is uitgegooi.

Heel eenvoudig: Die Apostoliese Geloofsbelydenis is Skriftuurlik, daarom is dit behou en bely soos geslagte en geslagte voor daardie tyd.

Luister mooi:

Jy as belydende Protestant is geensins deel van ’n vyfhonderdjarige poginkie deur eie-ekkerige opwindingsoekende monnikke wat gehoop het om hulle merk op die geskiedenis af te druk nie. Glad nie!

Jy wat elke eerste dag van die week en ook op ander dae die woorde van hierdie heilige en geliefde belydenis in geloof nasê, is deel van die heilige algemene christelike kerk van alle eeue.

Kom ek sê dit vir jou in eenvoudige Afrikaans:

Dit is waaraan dobberendes graag wil vashou in hierdie koue individualisties-gesinde “want-dis-hoe-ek-daarvan-hou” ingesteldheid onder seëning-swerwers en kerk-uitprobeerders vandag.

God se kerk wat op die heilige Skrif alleen gebou is – hoewel vir ‘n tyd amper versmoor en ook besoedel, stoot steeds, maar nou meer deur die eeue heen vorentoe. Vorentoe na die laaste dag toe…

Uitdaging: Voeg jou by ‘n gemeente wat deel is van die kerk van alle eeue! Nie by een wat gister beplan, gestig en saamgeroep is onder een of ander prediker se gunsteling strydvraag nie.

Die kerk waarvan die Here Jesus Christus in Mattheus 16 vers 18 gepraat het toe Hy gesê het dat Hy sy kerk sal bou, het sonder enige twyfel NIE op 31 Oktober 1517 onder Martin Luther se hamer begin nie.

PRYS DIE HERE!

Vader; Seun en Heilige Gees; een God.

Amen.

“En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” Mattheus 16 vers 18.

“En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en derglike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.” Galasiërs 5 verse 19 tot 21.

“Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.” I Johannes 2 vers 19

       


2 thoughts on “DIE BETWYFELDE OF ONGETWYFELDE CHRISTELIKE GELOOF?

  1. Maar wat as die sinode se besluite van vanoggend teen vanaand verander word, totaal omgeswaai word? Wat as teoloë, wat as dosente die nuwe predikante oplei, Bybelse waarhede ontken, afmaak as verdigsels? Wat as daar dan ‘n dogterkerk ontstaan, terug na die Bybelse beginsels, waar reg reg is en verkeerd verkeerd? ‘n Jong kerk, maar behoudend aan die belydenisskrifte…?

    Like

    1. Dis waar. Dis maar alles soos daardie RSG program destyds – SÊ WIE? Dis als ‘n vraag oor gesag, of: Wie het die grootste sê? God of die mens? “Natuurlik God”, sal baie sê – “maar ons is nie so seker oor wát Hy sê nie.” “Nie die mens nie maar God” het die eerste en laaste sê, en deur sy genade ís ons seker oor wat Hy sê want sy Woord is duidelik (Latyn: perspecuitas). Dus in tye van twyfel en van oormoed – bly by die Woord. Dít verheerlik God, en is sonder twyfel ook tot jóú troos. Grootte van die kerk? Waar grootte en waarheid op ‘n skaal geweeg word, was dit wat waaragtig is nog áltyd die swaarste. Vriendelike groete

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s