SELFMOORD, KINDERMOORD, EN PLAASMOORD…

[’n Foto van I.L De Villiers wat die treffende gedig Klein ballade van Oom Dawid Liefie-hulle wat onder andere oor ’n plaasmoord gaan, geskryf het. Dis opgeneem in sy bundel “Jerusalem tot Johannesburg”.]

Ek onthou goed hoe ’n groepsel geleerdes en skrywers na die joernalis Chris Louw se selfmoord so agt jaar gelede, ’n verklaring daaroor uitgereik het. Ek onthou Professor Danie Goosen van UNISA was ook deel van die groep. In die brief is daar onder andere gesê:

“Ons respekteer die privaatheid van sy handeling, dus sy eie redes vir die verskriklike daad…”.

Met ander woorde dat indien hulle vroeër sou geweet het dat hy dit wou doen, dat hulle hulleself nie die reg sou veroorloof om aan hom te sê dat dit verkeerd van hom sou wees om dit te doen nie. Tipe van “Ons sal nie by jou redes of motiewe vir hierdie skokkende daad inmeng nie”.

So is daar ook talle mense wat die onlangse selfmoord van die veel-bekroonde Afrikaanse skrywer Karel Schoeman in dieselfde lig aanskou:

“Los hom uit! Laat hom gaan in vrede! Dit was sy eie persoonlike besluit! Hy’t sy redes gehad!”

Merkwaardig dat baie van hierdie mense nie aan ongewensde voorgeboortelike babatjies dieselfde keuse sou gun nie – met ander woorde dat hierdie kleintjies darem gebore mag word en op eie inisiatief eendag mag selfmoord pleeg nie. Nee, baie van hierdie mense sal sê:

“Nee kyk, in hierdie geval is dit my reg om hierdie geboorte te termineer.”

Soos ek eenmaal ’n ginekoloog van ’n Downs-sindroom babatjie hoor sê het:

“Ja, ek moes vanoggend ’n Downs-sindroom geval termineer.”

Merkwaardig hoe die woord “termineer” die skuld en skande van die moord in daardie sin ontsmet, is dit nie?

Goed, met ander woorde: Hy of sy wat sy eie lewe wil termineer, mag dit maar doen volgens sommige, maar die ongewensde ongebore babatjie mag nie hierdie keuse gegun word nie. Ek mag dit maar aan die kleintjie doen.

Plaasmoorde?

Antwoord hierdie vraag: In die bogenoemde lyn van argumentering, is ’n plaasmoord dan nie maar ook bloot ’n terminering van iemand wat tussen my as moordenaar en sekere groter voordele wat ek sou wou hê, staan nie?

“En vir die plaasmoordenaar wat niks wou steel nie, wat van hom?” vra iemand.

Maar is die verskil regtig so groot? Ek was lus om die kleintjie te aborteer, en die plaasmoordenaar was lus om vir Oom Dawid Liefie van Dorsbult te vermoor.

Maar die verskil?

Ek was lus dalk met ’n frustrasie daarby, en hy was gefrustreerd en lus daarby.

’n Belangrike vraag: Goed, ’n Christen mag nie selfmoord pleeg nie want hy behoort met liggaam en siel aan Jesus Christus en nie aan homself nie. Die Here het baie duur vir hom betaal, en sê ook helder en duidelik in sy heilige wet: “Jy mag nie doodslaan nie”.

Wat dan van ’n ongelowige? Hy behoort mos nie aan die Here nie. Hy’s tog ’n heiden. Hy mag seker selfmoord pleeg want sy lewe is syne, is dit nie?

Weer verkeerd. Elke ongelowige behoort aan die Here, want Hy het hulle gemaak. Elke ongelowige wat selfmoord pleeg beroof sy Skepper, wat hom as ongelowige ook met ’n doel gemaak het. Selfs al was daardie doel slegs om brood te bak dat christene genoeg kan hê om te eet.

“…die Here weet om godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar  vir die dag van oordeel om gestraf te word…” II Petrus 2 vers 9.

Die punt? Jy’s nie joune nie, of jy nou glo of nie.

Nou.

As ons nie Bybels oor hierdie dinge dink en ook ons planne en strategieë dienooreenkomstig rig nie, dan is dit tog heeltemal in orde om te praat van nog ’n Oom en Tannie wat op hulle plaas gisteraand deur gewapende aanvallers geaborteer is. Of om te praat van vriende wat by ’n huisbraak ’n paar jaar gelede met messe deur die rowers getermineer is, soos die Downs-sindroom geval wat vroeër genoem is. Ek hoop jy stem saam. Onthou, die termineerders het doodgewoon die getermineerdes as onvanpas en as ongewens beskou. Tarra!!!

Tweede laaste vraag: Is daar enige iets wat ’n christen verhoed om te praat van ’n bekende Afrikaanse skrywer wat onlangs vermoor is in ’n plaasaanval? Nee. Ja maar hoe het dit gebeur? Wel, al het hy daarna as selfbeskikking verwys, was hy die plaasmoordenaar en die betreurde.

GEBED: “Here, U het aan die begin ons vir U gemaak, vir U alleen. Maar ons het onsself van U weggeskeur in onderwerping aan die slang, daar in die tuin. O hoe dank ons U vir U Seun ons Here Jesus Christus wat ons met sy kruisdood en bloedstorting kom terug steel het uit die bose draak se kloue om vir ewig aan U te behoort. Here, daar is nog soveel mense wat nie sy lig en die hoop wat Hy skenk ken nie – mense wat in donkerte en duisternis tas-tas vir iets stewigs om aan vas te hou. Laat ons tog U lig uitdra en ook hulle bereik op U tyd. Troos tog u smekende kinders. Bring tog die harte van u sidderende-van-vrees diensknegte en diensmaagde tot bedaring aan die voet van die kruis. Ons glo Here, U is ’n skild wat ons beskut, ons eer en die Een wat ons hoof ophef. Alle lof en eer aan U o Here – Vader, Seun en heilige Gees, een God. Amen.”

“…Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters. En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders kom hierdie onbesnedenes en deurboor my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin…” I Samuel 31 verse 3 en 4.

“…En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van ’n afgestorwene om inligting gevra het, maar die HERE nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Isai…” I Kronieke 10 vers 13 en 14.

“En toe Agitofel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself verwurg. So het hy dan gesterwe; en hy is begrawe in die graf van sy vader.” II Samuel 17 vers 23.

“Net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het, vanweë sy sondes wat hy begaan het deur te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, deur te wandel in die weg van Jerobeam en in die sonde wat hy gedoen het om Israel te laat sondig.” I Konings 16 verse 15 tot 20.

“Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien! En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.” Mattheus 27 vers 3 en 4.

“Jy mag nie doodslaan nie.” Exodus 20 vers 13.

“Jy mag nie doodslaan nie.” Deuteronomium 5 vers 17.

“En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” Lukas 23 verse 42 en 43.


2 thoughts on “SELFMOORD, KINDERMOORD, EN PLAASMOORD…

  1. Weet jy, Frikkie, dis darem maar eienaardig hoe mense met woorde kan speel om hulle motiewe te versag, verduister of uit te bou.
    Tog, ek het dikwels met die swart nag, die groot D geworstel (vandag besef ek dis een vd simptome van Hashimoto’s). Daardie absolute niks wat jou magneties intrek, insuig tot waar doel en rede vergaan.
    Ek het al die kluissleutel in my hande gehad, die kamerdeur gesluit, maar God dank, Hy het my nog altyd weerhou, want dis juis dáár waar ek bewustelik geweet het – ek mag nie, want die Woord sê. Niks anders kon of sou my stop nie, die Woord sê….
    Ek is Hom ewig dankbaar vir die herhaaldelike voorlees van die wet, Sondag na Sondag. Vir ouers en manlief wat sorg dat ons Sondag na Sondag onder geklank van de Woord is en ons gemeente wat aandring op ‘n voorlees van die hele tien gebooie, nie net die opsomming nie.
    Uiteindelik bly net jy en Hy oor… daar waar niks anders meer saak maak nie, nie eens kinders of man, ouers of kleinkinders nie, en die vraag bly – waar staan jy…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s