PERSVRYHEID – MAAR MET ’N DODELIKE VREES VIR JOU EIE KOERANT SE LESERS?

Dit wil voorkom of die vryheid van die pers en van die media nie net van een kant af aangeval kan word nie. Daar word baie deesdae gemaak van regerings wat mik-mik met muilbande in die hand om webwerwe; koerante; en joernalistieke snoete vas te klem, en dan die bande styf te trek in ’n poging tot waarheidsversmoring. 

Ek onthou nogal goed so ’n tyd gelede toe daardie wet oor die toegang tot- en beskikbaarstelling van inligting deur was, dat iemand oor die radio genoem het dat ons spesifiek hierdie dag moet onthou. Want hierdie swart dag, is gesê, sou die begin van die onstuitbare afdraende die Suid-Afrikaanse kranse af, merk. Kom ons sê dit is waar wat die man gesê het. Is dit ook waar dat net ’n regering ’n koerant in ’n afpersingswurggreep aan die strot kan beetkry? Anders gevra: Vrees redakteurs slegs regeringsmag? Dit wil voorkom of die antwoord hierop NEE is. Sê nou die lesers van jou koerant is deurgaans slaggereed om ’n hele bombardement van histeriese reaksies te lanseer as jy sou toelaat dat sekere “uiters sensitiewe” onderwerpe in jou koerant, met takt maar ook skaamteloos en reguit aan die orde sou kom? Wat dan? Hier sou mens ook kan noem dat die “eerlike aanspreek” van die pynlike tema’s, geskryf word vanuit ’n christelike wêreldbeeld en mik op die  korrigering van skadelike wanpersepsies by lesers.

Sal jou besluit wees dat die inenting met die dun blink naald moet voortgaan ter wille van die langtermyn gesondheid van jou rubrikale verorberaars? Of sou jy dit beter ag  om te verseg? 

Wie die mandolien op hierdie stomsnaar speel, mag dalk met tyd, hopelik uitvind dat die grootste tiran nie die Gerhard-Moerdyk-sandsteen-omringde een met die politieke mag is nie, maar dalk eerder die gereed-om-’n-tantrum-te-gooi oorsensitiewe drukgroep(ie) wat tussen jou ander lesers skuil. Dit alles in tandem met jou eie huiwerige ingewande, natuurlik.

O vir regerings wat ons teen sulke lesers sal beskerm!     

“EEN wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.” Spreuke 12 vers 1.

“Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar ’n valse getuie bedrog.” Spreuke 12 vers 17. 

“Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.” Spreuke 13 vers 5.

“Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.” Mattheus 11 vers 15. 


One thought on “PERSVRYHEID – MAAR MET ’N DODELIKE VREES VIR JOU EIE KOERANT SE LESERS?

  1. In sy boek Seven Stages bespreek G. Trease sewe groot geeste in die verhoogwereld. Van ‘n 19de-eeuse operasangeres noem hy “Her performances were given the space in newspapers that is today reserved for athletes and murderers.”. Ek stem saam dat die regering koerante moet beskerm teen drukgroepe met agendas. Die moelikheid is dat sensuur (wat onontbeerlik is vir ‘n gesonde samelewing) vanuit die christelike leer moet geskied en dit verg ‘n regering met insig.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s