’N KORT GESKIEDENIS VAN DIE MOHAMMEDAANSE SEKELTOGTE – soms is dit nie jou argument wat tel nie, maar jou deursettingsvermoë

(Karel Martel wat in die slag van Poitiers die eerste groot poging tot die Islamisering van Europa afgewend het)

Die Mohammedanisme verdeel die wêreld in twee groepe. Die een groep woon in wat genoem word die dar-al-salaam of huis-van-vrede, en die ander deel van die wêreld woon in die dar-al-harb of die huis van oorlog. En jy en jou land, is in EEN van die twee hokke. Na jare en jare van kolonialisme waarin die grootste deel van die mohammedaanse wêreld onder die duime; wysvingers; middelvingers; ringvingers; en pinkies van die Westerse ekspansioniste was, het daar uiteindelik na hulle terugkeer na Europa en elders, ’n tyd van nadenke en diagnose in die platgeslane en agterlike dar-al-salaam gevolg. Die vraag was ongelukkig nie: Wat is fout met ons en met ons manier van glo en aanbid? nie. Nee, die vraag was eerder: Wie het dit aan ons gedoen? Die antwoord op hierdie vraag het natuurlik na die kafiruun [lees: ongelowiges] van die Weste gewys, maar daar is ook tot nog ’n oortuiging gekom, naamlik: Dat die tydelike oorwinning van die vyande van die mohammedanisme die straf van Allah oor die stigter-van-die-sisteem se volgelinge was, omdat hulle nie die Shari’a of mohammedaanse juridiese stelsel tot op die haar gevolg het nie.

Wat die wêreld, en veral die Weste vandag in al sy verskrikking en histeriese intimidering beleef, is wat sommige na verwys as die “Islamitiese Oplewing”. Dit is die droom van ’n wêreld wat in onvoorwaardelike onderdanigheid aan die boek en die stigter se voorbeeld ingerig sal word. En een van die grootste struikelblokke op pad hierheen is die Weste met sy historiese Christelike belydenis en ook sy ondersteuning van die staat van Israel – wat die silwer naald in die groen ballon met die sekelmaan op is.

Om nie te weet waaroor die huidige stryd tussen hierdie twee wêrelde gaan nie, is baie maklik. Jy moet hiervoor net twee dinge doen: een – nie graag lees nie; twee – indien jy die regte bronne gelees het, dit vinnig weer aspris te vergeet.

1. Dalk sou mens ook die huidige sekeltogte  teen Europa en kie as die derde groot mohammedaanse inval kon beskryf. Die eerste was al vroeg na die stigter se dood toe die Arabiere Gibraltar by Europa oorgesteek het, en voet aan wal in Spanje gesit het. Die ruiters van die galloppende hordes was van plan om aandete in Rome te nuttig, maar in die groot veldslag van Poitiers is hulle deur die Fransman Karel Martel en sy manne verslaan en terug gedruk, en het hulle daarna nog tot net so na Martin Luther se geboorte oor die groter deel van Spanje regeer – die More. Het jy al gehoor van hulle? Isabella en kie het hulle in 1492 finaal uit Spanje geskop.

2. Die tweede groot inval in Europa was hierdie keer nie deur mohammedaanse Arabiere nie, maar deur die nuwe sekel-swaaiers – die Turke. Hierdie geweldige militêre tsoenamie het tot aan die oosterse grense van Europa opgestoot en was een van die redes vir Karel die vyfde se woede teenoor Martin Luther, omdat Karel gemeen het dat sy “Heilige Romeinse Ryk” as eenheid ’n beter kans teen die Turke sou hê in oorlog. Hier sou mens kan noem dat Luther van mening was dat een van die sterkste argumente teen die Turkse afgodsdiens sou wees om hulle arabiese boek gewoon te vertaal en onder christene te versprei dat hulle dit kon lees. Hoe-ookal, duisende der duisende Hongare het in die slag van Mohac hulle lewens verloor toe hulle geveg het vir volk en vaderland. ’n Ontsettende oorlog het hom ook in Wene afgespeel. Tussen hakies, Albanië in Europa is vandag nog ’n oorblyfsel uit daardie tyd waarin die Ottomaanse ryk die vlagdraer van jihad was. Nog ’n tussen hakies, die mohammedanisme het ook deurgaans hulle eie “pous” gehad, genaamd die Kalifa. Met die stigting van die moderne Republiek van Turkye na die Eerste Wêreld Oorlog, het Mustafa Kemal – ook genoem Ataturk, die Kalifaat afgeskaf en die land gemoderniseer. Sedert daardie tyd al droom skrywers; die mujahedin; en jihadiste dat die Kalifa weer ingestel sal word.

3. Met die Westerse filosofie van diversiteit, die taning van die christelike kerk se invloed daar, en ook ’n groter behoefte aan goedkoper arbeid, is meer en meer immigrante van oorkant die Middellandse see in die twintigste eeu ingeneem om die filosofiese nasate van Griek en Romein se sosiale konsensus en wit gemak te rugsteun. Ons sou hierdie die Derde groot inval in die lang geskiedenis van mohammedaanse sekeltogte kon noem. Die een verskil is hier natuurlik dat Europa hierdie keer hulle vreesaanjaers ingenooi het, en nou doodgewoon nie die wil of geestelike krag meer het om hulle openlik te identifiseer, op die naam te noem en met wapens indien nodig onder beheer te bring, of selfs uit te skop soos in die Spaanse Reconquista  van 1492 nie.

O vrek! Wat nou? Europa weet nie. Want onthou nou, om mense op hulle velkleur te etiketteer ruik nog oorweldigend soos die stank van Hitler se snor. Wat bly oor? Wat is die plan? Nie so maklik nie. Dis natuurlik net die Christen Evangelie-draers wat hierdie mense se teenwoordigheid waarlik daar sal erken, maar ook aan hulle die Goeie Nuus sal bring. Ja, om in ’n sekere sin in liefde, Europa se “geheim” met hulle mee te deel. Meer gewelddadige groepe soos die Islamitiese Staat wreek hulleself natuurlik op hulle vyande, maar nog meer belangrik as dit is die vraag oor wie eerste gaan knak. Die tegnologies-indrukwekkende, maar pieperige Weste, se wapens gaan hom ook net so ver bring. Jy’t egter ook ’n sterk en gesonde wil nodig om enige oorlog te wen, want soms is dit nie jou argument wat tel nie maar jou deursettingsvermoë. Maar met die selfvretende kanker van groeiende ongeloof en afvalligheid van die Evangelie af, is die groot vraag hoe lank die Weste nog sal kan aanhou voordat dit handdoek ingooi, en hom aan iemand – dalk soos die pous, volkome sal onderwerp solank hy net wêreldvrede sal bewerkstellig. Dit sal die plan van God hier op aarde wel aan daardie geslagte nog oopvou.

Maar hier’s die goeie nuus:

“…en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” Mattheus 16 vers 18 b.

Glo Christen glo!

Dank Hom Christen! Dank Hom!

Wees dapper en vol moed!

Jy’s deel van ’n weermag wat nie sal verloor nie al verloor jy jou lewe!

“En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.” Mattheus 10 vers 28.

In die Naam van die Vader, en van die Seun, en van die Heilige Gees, een God. Amen.

 


2 thoughts on “’N KORT GESKIEDENIS VAN DIE MOHAMMEDAANSE SEKELTOGTE – soms is dit nie jou argument wat tel nie, maar jou deursettingsvermoë

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s