4 thoughts on “DIE PAD VORENTOE IN AFRIKA – Beginsels van die Bybel, of van die Humanisme?

    1. My antwoord op jou laaste vraag.

      Rou heiden: “Ek glo in God.”

      Belydende Christen: “Ek glo óók in God”.

      Vraag: Glo altwee wáárlik in God?

      Antwoord: Nee. Die eerste een dínk dat hy waarlik in God glo, maar die sluier is nog nie gelig nie.

      Dieselfde geld vir sake soos “vryheid; gelykheid en broederskap”.

      Like

      1. Frikkie, dankie vir jou antwoord. Ons het reeds ooreengekom dat ons Dr Attie van Niekerk se bonafides tov die ware Bybelse liefde, reg en vergifnis aanvaar. Daarom steeds die vraag, in daardie lig, kan mens in liefde en reg anders om ook by gelykheid, vryheid en broederskap uit te kom?
        Beteken die verligting se oogmerke (vir ons wat soos Dr Attie van Niekerk glo) werklik iets anders as wat die Skrif hieroor sê?

        Like

    2. Ek wil my voorhou soos Elihu en ‘n beurt kry om iets te sê…

      Ek wil die antwoord verduidelik deur te verwys na Romeine 5:3-5: 3 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4 en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5 en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

      Let wel die vers begin by swaarkry, maar chronologies het dit begin by God se liefde. Die humanis wil begin by “gelykheid, vryheid en broederskap” en daar eindig, om sodoende te rebelleer teen God en Hom uit te skakel as die Een wat die reg het om betekenis (dink lewe) in daardie drie woorde in te blaas.

      Dus wel ek jou wys op die bewoording van jou vraag en te let op die woordjie “ook”. Daar is ‘n duidelike verskil in die verstaan van die semantiek van daardie drie woorde, afhangende in watter kamp jy is. Jammer, maar die gevolgtrekking is dan dat dit ‘n ongeldige vraag is. Toevalig sluit dit aan by die antwoord van Mulder, met die gebruik van die woordjie “óók”…

      Wenk:
      Die kunsgreep van die liberale se argument is om jou te oortuig jy stry oor/vir die selfde saak. Instussen mors jy net eintlik jou tyd.

      en, ja, my naam is regtig ook Gert Kruger…

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s