CHRIS JONES EN DIE 7e GEBOD

Historiese Agtergrond van hierdie skets wat in 2009 geteken is:

Chris Jones en James Kirkpatrick se optrede het so ‘n dekade gelede talle en talle Christene in Suid-Afrika ontsettend gegrief, toe hulle voorgestel het dat die kerk se tradisionele ingesteldheid ten opsigte van saamwoon heroorweeg moes word.

In dieselfde tyd het sekere internetgebruikers dit vir George Claassen – die bekende rugby-held Wynand Claassen se uitgesproke ateïstiese broer, vuurwarm gemaak op ‘n spesifieke forum toe Claassen van verskillende kante af uitgeskel en verguis is. Van Claassen se teenstanders het ook die Bybel ingespan in hulle aanvalle op hom.

16 Oktober 2009 se uitgawe van “Die Kerkbode” berig toe dat Jones en Kirkpatrick – die teoloë, vir Claassen oor die “onverdraagsames” om verskoning gevra het, oor alles wat hom toegesnou is.

Maar hier het jy twee “kerklike manne” wat betrokke is by ‘n instelling vir “Morele leierskap en etiek”, wat sélf maar die sewende gebod van God se heilige wet – waarvan die kerk die beskermer is, mag relativeer en onbelangrik verklaar.

“Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.” Hebreërs 13 vers 4.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s